Description
RUGBY - Drie van die Swartland se top rugbyspanne Mamre, Never Despair van Malmesbury en Darling rugbyklubs het Saterdag op Bolandpark, Wellington se A-veld uitgedraf.
Mamre het teen Ashton United te staan gekom in ’n halfeindstryd van die Presidentliga-kompetisie, terwyl die manne van Never Despair om 14:00 met die span van Delicious van Ceres swaarde gekruis het. In die hoofwedstryd het Darling die span van Villager Montagu in ’n Superliga Oos/Wes halfeindstryd gepak.
Die pawiljoene was gepak met toeskouers uit die Swartland en Weskus. Die atmosfeer was spannend en die toeskouers was gereed om rugby uit die boonste rakke te geniet en waarde vir hul geld te kry.
Die eerste Superliga-halfeindstryd tussen die spogspan Delicious van Ceres en Never Despair het vir aanskoulike rugby gesorg. Ceres het met mening afgeskop en hulle het die eerste veertig minute die kitaar geslaan. Die span van Devon Douries het met rustyd met ‘n voorsprong van 8-3 gaan water drink
Gedurende die rustydperiode het die ringkoppe van Spairs baie ernstig met hul spelers kajuitraad gehou. Met die hervatting van die tweede helfte was daar meer woema in die Swartlanders se spel. Die wiel het toe gedraai en Never Despair het die moeilike wedstryd met 22 teenoor 13 gewen.
Puntemakers: Never Despair se drieë kom van Clayton Jacobs, Andrew Jacobs en Dual Erasmus. doelskoppe: Angelo Thompson sorg vir 2 doelskoppe en 2 strafdoele. Delicious se drieë kom van Reagan Africa en Andries Willschutt, asook ’n skepdoel deur Bennie Swartz.
-Benny Abdol
| Credibility: |
 |
 |
0 |
|
Leave a Comment