Verified

Darling “forever’’...

01:38 Oct 1 2010 South Africa, Malmesbury

Description
RUGBY - Saterdag het die dreunsang “Darling forever” oor Bolandstadion weergalm toe die Swartlanders as oorwinnaars van die veld gestap het nadat hulle Montagu Villagers naelskraap met 32-28 geklop het.

Die wedstryd het die eerste veertig minute wipplank gery en die manne het met die telling van 15-11 in die guns van Darling gaan water drink.

Na rustyd het altwee spanne meer olie op die vuur gegooi. Die vlugvoetige agterlyn van Darling met Chelton Buzick (vleuel) en sy sentermaat, Justin Petersen, het draaie om hul teenstanders gehardloop.

Voorlangs was die vurige Fabian Brand die doring in die vlees van sy opponente en hy het self ‘n draai agter die doellyn van Villager Montagu gaan maak.

Puntemakers: Darling se drieë kom van Chelton Buzick (2), Justin Petersen, Magnum Nelson, en Fabian Brand. David Johnson sorg vir 2 doelskopppe en ’n strafdoel.

Vir Villager Montagu druk Edwin Jansen (2) en Peter Phollander drieë.

Doelskoppe: Emeal Suanders skop 2 doelskoppe en 3 strafdoele oor.

Die wenspan was soos volg: Lodewyk Langeveldt, Justin Petersen, Nathan Daniels, David Johnson, Charlton Buzick, Denwill Phillander, Magnun Nelson, Leslie Jackson

Graeme Samuels, Quwen Buzick, Jan Bruintjies, Martin Pypers, Welby Hector, Aron Siswana, Fabian Brand. (reserwes): Morne Scheaffers, Patrick van Wyk,Vincient Roberts, Cheswin Franse, James Bruintjies, Rohan Smit, Damian Mentooor.

Jeff Cleophas was spanbestuurder, Shelton Adams hoofafrigter, Elridge Haupt en Ricky de Lilly die hulp afrigters en Dawid Warnick die tegniese adviseur.

-Bennie Abdol
Credibility: UP DOWN 0
Leave a Comment
Name:
Email:
Comments:
Security Code:
14 + 4 =

Additional Reports

Swartland se wynmakers wys hul staal op jongwynskou

13:03 Aug 19, 2010

Malmesbury, 0 Kms

Wesbank wen agt uit agt derby's

13:59 Aug 19, 2010

Malmesbury, 0 Kms

Jongman in middedorp vermoor

01:13 Sep 03, 2010

Malmesbury, South Africa, 0 Kms

monitor babes

13:05 Aug 20, 2010

malmesbury, 0 Kms

Omstanders verstom oor ongeluk

01:29 Sep 03, 2010

Malmesbury, South Africa, 0 Kms