Verified

Die krieket kolwe gaan klap

01:42 Oct 1 2010 South Africa, Malmesbury

Description
KRIEKET - Die Boland Krieketraad se wedstrydprogram het ietwat verander vir die 2010/11-seisoen.

Die struktuur gaan soos volg wees: Premier “A’’ 40 en 45 asook die Pro 20 boulbeurte, Premier “B’’ 40, 45, en Pro 20, Boland Eendagreeks, Wes-Boland Pro 20, Eerste Divisie Drakenstein 45 boulbeurte Eerste Divisie Drakenstein Pro 20, Eerste Divisie Noord-Boland 45 boulbeurte, Eerste Divisie Noord-Boland Pro 20, Suid -Boland 40 boulbeurte, Eerste liga Suid-Boland 45 boulbeurte, Eerste Divisie Stellenbosch-Sentraal 45 boulbeurte, Eerste liga Wes-Boland 45 boulbeurte, Tweede Divisie Stellenbosch en Drakenstein Seksie (2) Tweede Divisie 40 boulbeurte, en die Tweede DivisieStellenbosch- Sentraal en Drakenstein Seksie A 40 boulbeurte.

Die eerste Premier “B’’ 40 boulbeurte-ligawedstryde skop Saterdag af en die Swartlandspanne wat eerste hul verskyning gaan maak (tuisspanne eerste) is Citrusdal teen Piketberg, Malmesbury teen Panorama, en Oostelikes teen Grabouw (Darling het ’n loslootjie).

Die span wat vanjaar hul sokkies hoog moet optrek, is Malmesbury. Die span het verlede seisoen nie voldoen aan die vereistes nie. Met meer selfvertroue en die regte spangees behoort hulle dié seisoen veel beter te vaar.

Die kompetisie eindig op 27 Januarie 2011 wanneer die finaal beslis word.

• Op 9 Oktober gaan die Wes-Boland 45 boulbeurte kompetisie afskop en in hierdie kompetisie gaan (tuisspanne eerste) Moorreesburg teen Mamre Hawks uitdraf. Clanwilliam Essex gaan gasheer vir Riebeeck Kasteel wees en Goedverwacht speel teen die span van Riebeeck Wes. Die span van Paternoster gaan uitdraf teen Vredenburg/Saldanha 111 en St Helenabaai gaan kragte meet met Hopefield Wanderers.

• Ook op 9 Oktober gaan Malmesbury 11 teen Piketberg 11 en Darling 11 en Wellington 11 in ’n 45 boulbeurte Eerste Divisie Drakenstein liga wedstryde sake uitspook.
Credibility: UP DOWN 0
Leave a Comment
Name:
Email:
Comments:
Security Code:
14 + 2 =

Additional Reports

Swartland se wynmakers wys hul staal op jongwynskou

13:03 Aug 19, 2010

Malmesbury, 0 Kms

Wesbank wen agt uit agt derby's

13:59 Aug 19, 2010

Malmesbury, 0 Kms

Jongman in middedorp vermoor

01:13 Sep 03, 2010

Malmesbury, South Africa, 0 Kms

monitor babes

13:05 Aug 20, 2010

malmesbury, 0 Kms

Omstanders verstom oor ongeluk

01:29 Sep 03, 2010

Malmesbury, South Africa, 0 Kms