Verified

Paroolraadkantoor by Voorberg geopen

01:14 Oct 8 2010 South Africa,Porterville

Paroolraadkantoor by Voorberg geopen
Description
Ilna GroblerPORTERVILLE - Woensdag was die Voorbergterrein die spreekwoordelike miernes van bedrywigheid toe hoogwaardigheidsbekleërs en DKD-lede van verskillende gevangenisse en SAP-klusters die amptelike ingebruikneming van die paroolraadkantoor hier amptelik in gebruik geneem is.Mnr. JG Smalberger, departement van korrektiewe dienste se streekskommissaris van die Wes-Kaap, was die spreker by die geleentheid. Smalberger het me. Nosiviwe Mapisa-Nqakula, DKD minister, se boodskap oorgedra tydens die vieringe van 2010 Korreksiesweek.Hy het gesê DKD is besig om die gevangenisstelsel te omskep as een wat nie net gerig is op gevangeisneming, straf of selfs die doodstraf nie, maar probeer die beginsel van ubuntu ook hier toepas. Ten diepste beteken dit om die oortreder te rehabiliteer, nie net behulp van die departement nie, maar ook om die paroolstelsel beter te benut met behulp van gemeenskapsamewerking, sodat hulle aanvaar kan word as lede van die gemeenskap. Gevangenisstraf moet, volgens die Vryheidsmanifes strewe na heropvoeding en nie wraak nie, het hy gesê.Gedurende die afgelope vyf jaar het DKD R103 miljoen bestee om 47 kantore op te rig. Nog ses toesigsentra en patroolraadkantore word vir ’n verdere sowat R23 miljoen in die vooruitsig gestel.Dit is egter duidelik gestel dat parool nie ’n reg is nie, maar dat alle aansoeke streng oorweeg word, maar hulle moet aan sekere voorwaardes en vereistes voldoen, Aangesien die keuringsproses baie deeglik en tydsaam is, behoort die kantoor van ’n paroolraad op die terrein, die proses te verkort, aangesien die ligging daarvan onder meer vervoer van getuies en familie vergemaklik.
Credibility: UP DOWN 0
Leave a Comment
Name:
Email:
Comments:
Security Code:
13 + 9 =

Additional Reports

Loods ontkom wonderbaarlik

01:15 Aug 19, 2010

Porterville, south africa, 0 Kms

Die Boekwurm is op pad!

01:16 Sep 03, 2010

Porterville, South Africa, 0 Kms

’n Wondersoete ding!

13:21 Sep 03, 2010

Porterville, South Africa, 0 Kms

Wat ’n lekker skou!

01:35 Sep 03, 2010

Porterville, South Africa, 0 Kms

'n Kring voltooid

01:20 Aug 27, 2010

porterville, south africa, 0 Kms