Description
YZERFONTEIN Die onlangse Galjoen Bonanza van die hengelklub was ’n groot sukses as daar na die getal inskrywings gekyk word. Maar die vis het nie saamgespeel nie en geen toelaatbare grootte galjoen is ingeweeg nie.
Mnr Gawie Steyn, ’n woordvoerder van die klub en betrokke kompetisie, sê dat slegs ondermaat galjoene aan lyn gekom het en dit moes noodwendig terug in die see gegooi word.
Hy sê daar was ’n groot belangstelling in die kompetisie en 194 hengelaars van so ver as Gansbaai en Vredendal het kom deelneem.
Die vangste was egter teleurstellend en slegs drie steenbrasse tussen 5 en 8 kg is in die kompetisietydperk aan wal gebring.
Sowat R60 000 se pryse wat geborg is, kon nie toegeken word nie.
-Chris Liebenberg
| Credibility: |
 |
 |
0 |
|
Leave a Comment