Verified

MOI het nou sy eie bussie

01:58 Oct 8 2010 South Africa, Moorreesburg

MOI het nou sy eie bussie
Description
MOORREESBURG - Die Moorreesburg Ontwikkelings Inisiatief (MOI) het reeds in September 2008 by die “Lotto” (National Lottery Distribution Trust Fund – NLDTF) aansoek gedoen om befondsing vir die aankoop van `n bussie. In April 2010 het hulle uiteindelik gehoor dat `n bedrag van R200 000 aan hulle toegeken is. In Julie is die geld oorbetaal en nou spog MOI met sy eie bussie.Een van die doelstellings van hierdie projek is om gratis vervoer te voorsien aan die verswakte senior burgers en ongeskikte persone op toelae-dae. Die mense word by hul huise gaan haal en weer terug geneem na hulle betaal is. Hulle beoog ook om georganiseerde groepe, soos die jeug, ongeskiktes en die bejaardes, teen `n minimale fooi te vervoer na enige opvoedkundige aangeleenthede. Dit geld ook vir die groepe op die omliggende plase. `n Ander doelstelling van hierdie projek is om ook die kombi te gebruik om geld in te samel vir MOI. Dit is baie belangrik omdat die volhoubaarheid van hierdie projek daardeur verseker kan word. Hier staan die trotse bestuur van MOI op Moorreesburg by hul nuwe ryding wat die Lotto moontlik gemaak het. Op die foto is Jannie Hendricks (administrateur), Teswill Riddies (sekretaris), Nigel Gurah (voorsitter), Faiek Elmie (tesourier) en agter die stuurwiel sit Peter Geswind, ondervoorsitter en ook die bestuurder van die bussie. Christoll Basson was afwesig.Foto: Cor Cronjé
Credibility: UP DOWN 0
Leave a Comment
Name:
Email:
Comments:
Security Code:
13 + 5 =

Additional Reports

O/s Die Moorreesburg=span.

01:37 Sep 03, 2010

Moorreesburg, South Africa, 0 Kms

Matriek ry perfekte matriekafskeidsmotor op N7 raak

13:58 Aug 27, 2010

moorreesburg, 0 Kms

EIENDOMME TE HUUR

01:25 Sep 13, 2010

Moorreesburg, South Africa, 0 Kms

PHS wen interskole

13:27 Aug 19, 2010

piketberg, 28.89 Kms

Diefstal van apparaat by De Hoek

01:41 Sep 03, 2010

Piketberg, South Africa, 28.89 Kms